Aanhangers van Dewald Wasserfall sal verheug wees om te hoor dat die gewilde sanger se nuwe album, getiteld “Elektrisiteit” nou besikbaar is.
Die kunstenaar met multi-platinum verkope en sakke vol toekennings agter sy naam, se gewildheid het selfs verder toegeneem nadat hy in 2018 een van die afrigters was op “Die Kontrak.” Bekend vir sy rasperstem, skerp humorsin en liefde vir reis, het Dewald bevestig dat mense meer van die pop-rock-country gevoel van sy vorige albums kan geniet, maar dat hy dinge so bietjie verder vat in terme van musikale uitdagings.
Die eerste enkelsnit, wat ook die titlesnit van die album is, “Elektrisiteit” speel klaar op van die top radiostasies landswyd. Musiekliefhebbers kan ook uitsien na ‘n musiekvideo wat binnekort uitgereik sal wees.
Daar is 13 liedjies op die album, almal uit die pen van Wasserfall, asook Danny Smoke, Johan Oberholzer en Murray Lubbe. Dit sluit ook die liedjie “Nuwe Begin,” wat die temalied van “Die Kontrak” was, geskryf saam met Riana Nel in, asook ‘n duetweergawe van Tom Petty se “Free Falling” saam met “Die Kontrak”-deelnemer, Ivan Roux.
Die volle “Elektrisiteit” abum is nou besikbaar in musiekwinkels landswyd, asook op iTunes, terwyl dit eksklusief op JOOX gestroomspeel kan word.