Ons is tans besig met ‘n nuwe projek in die ateljee waar ons eenkeer elke 2 maande ‘n Saterdag en Sondag uithou vir bands en solo kunstenaars om teen spotgoedkoop pryse, liedjies professioneel op te neem en te verfilm. Die videos word van drie hoeke af verfilm en met die klankopname is daar ‘n opsie om die vocals weer apart op neem na die live recording.
Dis ideaal vir nuwe sowel as gevestigde kunstenaars wat iets oordentlik wil showcase om promoters te oortuig om hulle vir gigs te book asook om singles op streaming platforms soos Spotify ensovoorts vry te stel.
Ons prys is slegs R2500 per liedjie maar ons kom af na R2000 per liedjie wanneer daar vir 3 of meer opnames bespreek word. Die prys sluit verfilming/editing en mastering/mixing in. Drummers moet net hulle eie cymbals bring. Ons het die res, tensy daar persoonlike voorkeure vir eie amps ensovoorts is.
Ons volgende sessie vind plaas op Saterdag 20 Julie en Sondag 21 Julie. Saterdag is reeds volbespreek maar daar is sover nog tyd beskikbaar op die Sondag.
Kyk gerus na een van die sessions wat ons saam met Bonfire Buffalo van Middelburg gedoen het: